Lees data van die PylonTech battery deur die seriepoort van rekenaar
Gebruik die volgende bronne om die battery intervlak te programmeer:
Hier is die Duitse forum waar die PDF intervlakke vandaan kom:
Hier is 'n gebruiker wat 'n python intervlak geskryf het:
https://github.com/celsworth/lxp-pylon-utils
https://www.navitron.org.uk/forum/index.php?topic=30961.0
Hier is gebruiker wat javascript intervlak geskryf het. https://github.com/geeks-r-us/solar-sis
Bronne vanaf Duitse forum
https://www.photovoltaikforum.com/thread/130061-pylontech-us2000b-daten-protokolle-programme/
Hier is die ASCII tabel. Die Pylontech stuur data in Heksadesimale getalle, maar dit gebruik die heksadesimale waarde van die ASCII tabel.
Voorbeeld uit paragraaf 5 van RS-232 handleiding van Pylontech battery:
Stuur volgende string HEX getalle na die battery:
7E 32 30 30 31 34 36 34 32 45 30 30 32 30 31 46 44 33 35 0D
Dit beteken
7E
- begin van data
32 30
- 20 in ASCII dit is die weergawe (VER)
30 31
- 30 is 'n 0 in ASCII in heks en 31 is 'n 1 in heks in ASCII, dus 01 dit is die battery nommer of ADR veld
34 36
- 34 is 'n 4 in ASCII in heks en 36 is 'n 6 in heks in ASCII, dus 46 en dit is die kode vir litium ioon batterye (CID1)
34 32
- 42 dit is die kode vir analoog inligting vanaf battery (CID2)
45 30 30 32
- LENGTH dit is die lengte van die data wat met 'n komplekse berekening bereken word
30 31
- INFO Dit is die ASCII vir 01 wat beteken jy vra vir battery 1 se inligting
46 44 33 35
- CHECKSUM Dit is die toets som vir hierdie string data
0D
- dit is die einde van die data oftewel "Carriage return"
Kry dan terug:
7E 32 30 30 31 34 36 30 30 43 30 36 45 31 31 30 31 30 46 30 44 34 35 30 44 34 34 30 44 34 35 30 44 34 34 30 44 34 35 30 44 34 34 30 44 33 45 30 44 34 35 30 44 34 41 30 44 34 41 30 44 34 42 30 44 34 41 30 44 34 41 30 44 34 41 30 44 34 41 30 35 30 42 43 33 30 42 43 33 30 42 43 33 30 42 43 44 30 42 43 44 30 30 30 30 43 37 32 35 42 46 36 38 30 32 43 33 35 30 30 30 30 32 45 35 35 33 0D
Die oorblywende energie in die battery word gegee deur:
42 46 36 38
in die string wat teruggestuur word hierbo. Die volledige analise van die string hierbo word gegee in die Pylontech RS232 handleiding in paragraaf 5.
Die getalle hierbo is die heksadesimale waardes van die ASCII tabel. Dus is 42
eintlik die string B.
Net so is die hele string dan: BF68
Hierdie string is 'n heksadesimale getal wat nou teruggelei kan word na 'n desimale getal. BF68H
waar H
die heksadesimale getal beteken, is 49000
. Hierdie getal is die waarde in mAh van die battery. Dus om die orige energie in kWh te bereken word die volgende berekening gedoen:
Hierdie berekening neem aan dit is 'n 48V battery.
Dus is die lading persentasie (die "State of Charge" of SOC) gelyk aan:
Hierdie berekening neem aan dit is 'n 2.4kWh battery oftewel die Pylontech US2000.
Die volgende instellings is gedoen vir die Axpert om die Pylontech battery in staat te stel om meer leeg te loop. Dit stel die battery in staat om meer van die sonkrag te benut. Dit verskil van die standaard Pylontech instellings vir die Axpert. Dus moet dit gesien word as meer onveilig (die battery mag leegloop met hierdie instellings wat ongewens is).
Axpert Program nommer:
Program 02 - Stel na N*20A, N = aantal batterye
Program 05 - USE
Program 12 - 46V
Program 13 - 48V
Program 29 - 46V
Belangrike nota: Met 'n stelsel waar daar baie panele is kan program 02 eerder na die volgende gestel word: N*20A - 10A. Dit is meer geskik want daar is ondervind dat die DC skakelaar uitklink a.g.v. baie groot stroomwaardes wat die battery nie kan absorbeer op kort kennisgewing nie. Indien die laaistroom laer gestel word soos laasgenoemde, verdwyn die probleem.
Simply run dmesg command
$ dmesg | grep tty